1 / 13

Wat sê die Woord oor hierdie fees

Wat sê die Woord oor hierdie fees. Lev 23:24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank , ‘n heilige vierdag.

pia
Download Presentation

Wat sê die Woord oor hierdie fees

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Wat sê die Woord oor hierdie fees Lev 23:24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag. Lev 23:25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring.

  2. Hierdie fees moet nog in vervulling kom rondom die koms van die Messias!! In die maand Elul binne die bybelse kalender word die Shofar elke dag geblaas om die bruid voor te berei en ook te waarsku…”Is jy Gereed”!! Wat sê die “Nuwe Testament” oor hierdie Dag!

  3. Drie belangrike gebeurtenisse rondom hierdie dag!! Die Messias verskyn op die wolke…….Hulle wat in Hom ontslaap het staan uit die grafte op en ontmoet Hom eerste in die Lug en daarna Sy bruid wat nog leef…. Dit loop uit na die volgende fees Yom Kippur/Dag van Versoening wanneer ons vir ewig vir die wat uitverkies is deur Sy bloed met Hom versoen word…. Dit gaan ‘n verskriklike dag vir hulle wees wat agterbly en gaos kom oor nasies wat Hom nie Eerste Liefde gemaak het nie en nie Torah (gebooie/intruksies) gehoorsaam het nie

  4. 1Th 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

  5. Rev 6:14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; 15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, 16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; 17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

  6. Wanneer is hierdie dag!! Mat 24:36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. Mat 24:32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Luk 12:40 Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

  7. Mat 24:37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Mat 24:40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. 41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat. 42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

  8. Luk 12:45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan(plaas onnodige druk),en begin eet en drink en dronk word,(wêreld sisteme) 46 dan sal die heer(die Messias)van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues. 47 En daardie dienskneg(hulle wat Torah verwerp het) wat die wil van sy heer geken het(hulle wat die waarheid gehoor het)en nie klaargemaak of volgens sy wil (nie Torah gehoorsaam nie)gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; 48 maar hy wat nie geweet het nie (sonde of onkunde oor Torah)en gedoen het wat slae verdien (die wat nie blootgestel was aan die waarheid nie), sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

  9. Hoe kan ons uiting gee aan hierdie dag? Lev 23:24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag. 23:25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Woensdag aand vier ons dit in die New Horizon (N2) gebou saam met Gerrit en familie. Doen iets met jou huisgesin,familie en vriende. As jy werk, doen iets met jou personeel wat uiting gee aan hierdie dag sodat jy nooit voor Vader skuldig staan dat jy jou mense nooit gewaarsku het nie. –Eseg 3:18 Onthou dat dit ‘n feesdag vir die bruid is…

More Related