840 likes | 3.49k Views
LITOSFEER. ROTSSIKLUS. Hoe oud is die aarde?. Die planeet Aarde is sowat 4,6 biljoen jaar oud! Aan die begin het die aarde net uit gesmelte metaal en rotse bestaan. Swaar metale het gesink en ligter metale het bo bly dryf. Die aarde is `n reuse bal en bestaan uit 3 lae:. Kors.
E N D
LITOSFEER ROTSSIKLUS
Hoe oud is die aarde? • Die planeet Aarde is sowat 4,6 biljoen jaar oud! • Aan die begin het die aarde net uit gesmelte metaal en rotse bestaan. • Swaar metale het gesink en ligter metale het bo bly dryf.
Die aarde is `n reuse bal en bestaan uit 3 lae: Kors Mantel Buitekern Binnekern
Die aardkors is `n dun lagie- amper soos die skil van `n appel.
OSEAANKORS KONTINENTALE KORS MANTEL
Die aardkors • Die aardkors lyk solied, maar beweeg voortdurend op die gesmelte mantel. • Die kors is verdeel in groot plate, die tektoniese plate. • Die kontinentale kors bestaan uit kwarts en graniet, terwyl die oseaniese kors uit basalt bestaan. • Die buitenste laag van die mantel saam met die kors vorm die litosfeer.
Tektoniese plate https://www.youtube.com/watch?v=1-HwPR_4mP4&feature=player_detailpage
Drie hooftipes rots: • Stollingsgesteentes • Sedimentêre rots • Metamorfiese rots
Stollingsgesteentes • Gesmelte rots word magma genoem. • Wanneer magma afkoel en solied word, wordstollingsgesteentes gevorm. • Graniet vorm wanneer magma stadig afkoel en groot kristalle gevorm word. • Basalt en puimsteen vorm wanneer magma vinniger afkoel en klein kristalle gevorm word. • Puimsteen bevat groot holtes – was ruimtes gevul met lug toe dit nog warm was.
SEDIMENTÊRE ROTS – dis moeilik om te glo dat die Karoo `n binnelandse see was – tot jy die koppies en lae sedimentêre rots sien.
Verskillende soorte sediment vorm verskillende soorte sedimentêre gesteentes.
Sedimentêre gesteentes • Sedimentêre rotse vorm wanneer rotsstukke en minerale partikels op die bodem ban die see, `n rivier of meer uitsak. • Met tyd word die lae sand, slik en klei letterlik saam gesement onder hoë druk. • Sandsteen, skalie en kalksteen is voorbeelde van sedimentêre gesteentes.
Metamorfiese gesteentes • Metamorfiese rotse vorm wanneer stollingsgesteentes of sedimentêre gesteentes vir `n baie lang tyd onder hoë druk en/of hitte verkeer. • Marmer en leiklip is metamorfiese rotstipes wat van sedimentêre rots afkomstig is.
Leiklip Leiklip dakteëls
Marmer • Marmer vorm wanneer kalksteen, `n sedimentêre gesteente, onder hitte en druk geplaas word. • Die hoof bestanddeel van marmer (en kalksteen) is kalsiumkarbonaat (CaCO3) wat dit `n wit kleur gee. • Die kleure van marmer kan toegeskryf word aan ander minerale bv. rooi marmer bevat ysteroksied.
Wit marmer groef in Toskane Standbeeld van Herakles
Die Rotssiklus Metamorfiese rots Hitte en druk smelt Sedimentêre rots Verwering, erosie Hitte en druk Smelt afkoel Saampers, sementvorming Verwering, erosie Stollingsgesteente Verwering, erosie