1 / 8

'n Gebufferde minimummodus 8086 stelsel

'n Gebufferde minimummodus 8086 stelsel. Die interne blokdiagram van die 8284 word in figuur 9-3 getoon. Let op dat die kristalfrekwensie met 'n faktor 3 afgedeel word om die kloksein CLK te genereer. DIE KLOK. Die Herstelbaan ("reset"). V. tyd. Krag-aan -herstel ("power-on-reset" POR)

zinna
Download Presentation

'n Gebufferde minimummodus 8086 stelsel

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 'n Gebufferde minimummodus 8086 stelsel RS245-2003-Lesing 10

  2. Die interne blokdiagram van die 8284 word in figuur 9-3 getoon. Let op dat die kristalfrekwensie met 'n faktor 3 afgedeel word om die kloksein CLK te genereer. DIE KLOK RS245-2003-Lesing 10

  3. Die Herstelbaan ("reset") V tyd Krag-aan -herstel ("power-on-reset" POR) Wanneer die krag aangeskakel word (VCC=5V) is die spanning oor kapasitor C1 aanvanklik zero. Pen 11 is dus 'n logiese zero en pen 10 'n logiese een. Die 8086 is in sy herstel toestand en voer geen instruksies uit nie. Die kapasitor C1 laai via die weerstand R3. Sodra die spanning op pen 11 'n sekere drempel oorskry verander die "RESET" uitgang van 'n logiese een na 'n logiese zero en die 8086 gaan haal 'n instruksie by adres FFFF0H. RS245-2003-Lesing 10

  4. Krag-aan -herstel (vervolg) Wanneer SW1 gedruk word, ontlaai die kapasitor en sodra pen 11 onder die drempelspanning val, sal die 8086 weer in die hersteltoestand gaan. Wanneer die krag afgeskakel word, ontlaai die kapasitor vinnig deur D1. Dit verseker dat die kapasitor nie te vinnig die drempelspanning bereik as die krag onmiddellik weer aangeskakel word nie - anders is die hersteltyd te kort (sien "Operation of reset section" in handboek) Krag afgeskakel Krag aangeskakel V tyd Kort daal-tydkonstante as gevolg van diode ontlaaipad RS245-2003-Lesing 10

  5. "Ready" ingange Die ready ingange word benut om lees en skryfsiklusse uit te rek deur die invoeging van wagtoestande ("wait states") vir stadige geheue en randapparate. Ons kyk later weer hierna wanneer tyddiagramme behandel word. Die "MIN" pen bepaal of die 8086 in "minimum mode" of "maximum mode " werk. Vir die behandelig van die hardeware beskou ons hoofsaaklik die eenvoudiger "minimum mode" werking. RS245-2003-Lesing 10

  6. /MRD , /MWR, /IORD en /IOWR Die M/IO uitgang word benut om te onderskei tussen geheue en intree/uittree adresse. RS245-2003-Lesing 10

  7. ALE : "address latch enable" Om penne te bespaar op die 8086, deel die lae 16 adresbisse en databisse dieselfde penne. Tydmultipleksering word benut om dit moontlik te maak. Wanneer data geskryf of gelees moet word, plaas die 8086 eers die adres op die 16 penne en puls die ALE pen hoog. Die adres word op die afgaande flank van die puls gegrendel deur die 74LS377 grendels. Daarna word data geskryf of gelees via dieselfde penne van die 8086. Nota: /BHE sal bespreek word wanneer ons by geheue ontwerp kom RS245-2003-Lesing 10

  8. 74LS245 /G X8 DIR Die DT/R ("data transmit/receive") en /DEN ("data enable") penne beheer die databusbuffers. DT/R bepaal die datarigting en DEN bepaal of die 8086 se datapenne beheer het. RS245-2003-Lesing 10

More Related