1 / 22

Die Vuurwapenbeheerwet en Regulasies

Die Vuurwapenbeheerwet en Regulasies. Wet 60 van 2000. Theo Venter 2007. Uiteensetting. Konteks van die Wet Status van die Wet Status van die regulasies Implementering van die Wet Probleem-areas en diensvlakke Herlisensiëering Nuwe aansoeke en motiverings Moontlike ontwikkelinge.

emery
Download Presentation

Die Vuurwapenbeheerwet en Regulasies

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Vuurwapenbeheerwet en Regulasies Wet 60 van 2000 Theo Venter 2007

  2. Uiteensetting • Konteks van die Wet • Status van die Wet • Status van die regulasies • Implementering van die Wet • Probleem-areas en diensvlakke • Herlisensiëering • Nuwe aansoeke en motiverings • Moontlike ontwikkelinge.

  3. Konteks van die Wet • Doel van Wet 60 van 2000 om strenger voorwaardes vir wapenbesit te implementeer. • Australiese en Kanadese wetgewing as model gebruik. • Hoofoogmerk van Wet is misdaadvoorkoming. • Implementering vind ongenaakbaar en met swak kommunikasie plaas. • Noodsaaklike infrastruktuur en prosesse nie in plek tydens implementering op 1 Julie 2004. • Amnestie laat hoofsaaklik 100 000 wettige wapens vernietig word. Weinig onwettige wapens ingehandig.

  4. Konteks van die Wet (ii) • Groot onsekerheid by publiek. Bejaarde persone gee wapens in, uit vrees vir drakoniese prosesse en opleiding. • Aansoeke vir nuwe wapens voor die voet afgekeur op grond van kunsmatige redes. Appélraad steeds besig met appélle van voor 1 Julie 2004. • Wapenbedryf krimp van 800 wapenhandelaars na ongeveer 300. • Wild- en jagbedryf beleef groot skade omdat buitelandse jagters elders gaan.

  5. Beknopte oorsig oor Wapenwet

  6. Wet 60 van 2000 Wet op Vuurwapenbeheer • Opleiding vir wapeneienaars is nou verpligtend. • Beide die wapen EN die eienaar (dmv bevoegdheidsertifisering - 5 jaar) word nou gelisensieer. • Implementeringsperiode: • Verjaar: Jan - Mrt = Tot 31 Maart 2006 • Verjaar: Apr - Jun = Tot 31 Maart 2007 • Verjaar: Jul - Sep = Tot 31 Maart 2008 • Verjaar: Okt - Des = Tot 31 Maart 2009

  7. Wet 60 van 2000 Wet op Vuurwapenbeheer • Publiek beperk tot vier wapens: • 1 x Wapen vir selfbeskerming. • 3 x Ander wapens (10 jaar). • Toegewyde jagter of -sportman kategorieë (Meer as 4 wapens). • Lidmaatskap aan jagters- of sportskietverenigings.

  8. Lisensiëringskategorieë • Wapen vir selfbeskerming (Handwapen of haelgeweer) • Wapen vir geleentheidsjag • Wapen vir geleentheidsportskiet • Wapens vir toegewyde jag • Wapens vir toegewyde sport • Versamelaars

  9. Lisensie-tydperke

  10. Wetswysigings 2006 • Vuurwapenbeheerwet gedurende 2006 gewysig tov: • Tegniese regstellings. • Voorlaaiers word gesertifiseer. • Versamelaars het strenger voorwaardes. • Wysigingswet nog nie geteken deur President (Februarie 2007) • Regulasies word tans gewysig tov: • Voorlaaiers. • Tegniese besonderhede oor kluise. • Professionele jagters.

  11. Vyf herlisensiërings scenarios

  12. Scenario 1: Twee handwapens Uitgangspunt: Gewone lid van die publiek, MAAR met twee handwapens • ‘n Goeie motivering moet elke lisensie-aansoek vergesel. • Lisensieër .38 Special as selfverdedigingswapen. (5 jaar) • Lisensieër 30-06 en 12 Boor haelgeweer as wapens vir geleentheidsjag. (10 Jaar) • Lisensieër .22 pistool as geleentheidsportskiet. (10 jaar) • As versamelaar: GEEN • As toegewyde jagter: GEEN

  13. Scenario 2: Handwapen vir jag Uitgangspunt: Gewone lid van die publiek, maar een van sy 4 wapens is ‘n HANDWAPEN VIR JAG • ‘n Goeie motivering moet elke lisensie-aansoek vergesel. • Lisensieër 9mm CZ 75 as selfverdedigingswapen. (5 jaar) • Lisensieër Thompson Contender 300 Whisper en 12Boor Haelgeweer as wapens vir geleentheidsjag. (10 jaar) • Lisensieër .22 geweer as geleentheidsportskiet. (10 jaar) • As versamelaar: GEEN • As toegewyde jagter: GEEN ‘n Pistool kan nie as handwapen vir jag gebruik word nie, omdat jag met ‘n semi-outomatiese wapen nie toelaatbaar is nie.

  14. Scenario 3: Toegewyde Jagter Uitgangspunt: Die persoon is ‘n toegewyde lid van ‘n jagtersvereniging met 9 vuurwapens • ‘n Goeie motivering moet elke lisensie-aansoek vergesel. • Lisensieër 9mm CZ 75 as selfverdedigingswapen. (5 jaar) • Lisensieër .22-250, .270W, 7mm RM, 338WM , .375 H&H,.458WM en 12 boor pompaksie haelgeweer as wapens vir toegewyde jag. (10 jaar) • Lisensieër 12 boor dubbelloophaelgeweer geleentheidsportskiet. (10 jaar) • As versamelaar: GEEN

  15. Scenario 4: Toegewyde Sportman Uitgangspunt: Die persoon is ‘n toegewyde lid van ‘n sportskietvereniging met 6 vuurwapens • ‘n Goeie motivering moet elke lisensie-aansoek vergesel. • Lisensieër 9mm CZ 75 as selfverdedigingswapen. (5 jaar) • Lisensieër .270W, en .375 H&H, as wapens vir geleentheidsjag. (10 jaar) • Lisensieër al die haelgewere wat gebruik word vir kleiduifskiet as toegewyde sportman. (10 jaar) • As versamelaar: GEEN

  16. Scenario 5: Die versamelaar Uitgangspunt: Die persoon is lid van ‘n Versamelaars Vereniging en jag as geleentheidsjagter. • ‘n Goeie motivering sal elke lisensie-aansoek vergesel. • Lisensieër 9mm CZ 75 as selfverdedigingswapen. (5 jaar) • Lisensieër 30-06 en .375 H&H as wapens vir geleentheidsjag. (10 jaar) • Lisensieër .22 pistool en .22 geweer as geleentheidsportman. (10 jaar) • Lisensieër alle ander wapens in gestruktureerde versameling as versamelaar. (10 jaar)

  17. Ander verwante sake

  18. Moet ek aan 'n jagters- of sportskietvereniging behoort? • Die eenvoudige antwoord is nee! • Indien jy met 4 wapens tevrede is, hoef jy nie aan te sluit nie, maar sou jy meer wou leer en lees van jag of skiet, beveel ons dit sterk aan. • Indien jy meer as 4 wapens besit MOET jy, anders kan jy nie toegewyde status bekom nie. • Lidmaatskap van ‘n jagtervereniging dra egter baie meer waarde toe tot indiwidu as bloot om meer vuurwapens te besit.

  19. Huidige herlisensieringstendense • Alle gelisensieërde wapens is wetting tot 31 Maart 2009. • SAPS laat persone toe om alle wapens te herlisensieer en laat tyd toe vir verkryging van toegewyde status. • Verkryging van vaardigheidsertifikaat neem lank. • Hoef nie meer te wag vir SASSETA sertifikaat nie, diensverskaffersertifikaat genoeg vir aansoek, SASSETA sertifikaat kan later ingedien word. • Nuwe aansoek behoort nie langer as 3 maande te neem indien persoon oor bevoegdheid beskik.

  20. Wapens vir selfbeskerming • Die ervaring leer dat die lisensies baie moeilik toegestaan word. • Motivering moet die noodsaak duidelik uitspel. Heg stawende bewyse aan soos: • Kapings in omgewing (Koerante). • Plaasmoorde (Kry SAPS verwysings) • Diefstalle (Kry verwysings) • Heg kopie van misdaadstatistiek aan vir streek en provinsie. • Meeste weierings agv swak dokumentasie en aansoek. • Appélleer dadelik indien afgekeur.

  21. Neem kennis..... • Die herlisensiëringsaansoek is onvolledig [SAP 517 (e)]. Daar moet ‘n “annexure A” by wees anders kan jy nie: • Kategorieë kies nie • Lidmaatskap van jagvereniging aandui nie • Toegewyde status verklaar nie. • Maak gebruik van al die kategorieë wat toepaslik is. • Stel goeie motiverings saam.

  22. Stand van Skietbane • Alle skietbane wat deur die publiek gebruik word moet ‘n SABS sertifisering kry. Tans is daar ongeveer 400 in Suid-Afrika. • SABS Sertifisering moet jaarliks hernu word. • Indien vaardigheidsopleiding op baan plaasvind moet dit ook SAPS akkreditasie kry. • Indien ammunisie op baan verkoop word ook SAPS akkreditasie. • Privaatskietbane op plase of jagplase het geen sertifisering of akkreditasie nodig nie.

More Related