1 / 7

Gebruik

Die Probleem. Prieska oor die afgrond bestuur . http://m.news24.com/volksblad/MyVolksblad/Briewe/Prieska-oor-die-afgrond-bestuur-20110505 Moet ons wag tot ons dorpe, streke en land die afgrond in bestuur is deur politieke partye, voor ons by ons eie belang betrokke raak ?.

fagan
Download Presentation

Gebruik

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Probleem. Prieska oor die afgrond bestuur. http://m.news24.com/volksblad/MyVolksblad/Briewe/Prieska-oor-die-afgrond-bestuur-20110505 Moet ons wag tot ons dorpe, streke en land die afgrond in bestuur is deur politieke partye, voor ons by ons eie belang betrokke raak ? ‘n Reis na die Toekoms Begin … Wanneer gemeenskappe weet hoeveel mag hulle het om hul eie belang te bestuur as hulle nuut en anders begin dink …. Gebruik Gebruik

  2. KLAGTESPOOR en die mag van organisasie !! Dag 1. My watermeter raak verstop of rioolstorting vind plaas, en ek rapporteer dit aan die munisipale kantoor. Die 5 dorpsrade in ons streek van Letsemeng se voorsitters kan ‘n streeksraad vorm, saam met die landbou produsente, en enige ander georganiseerde belangegroep. Indien swak dienslewering een dorp in die streek raak, dan raak dit almal in die streek. ‘n streeksraad kan die eie belang van die streek bestuur in samewerking met die munisipaliteit. Bv. Streeksontwikkeling. Volgens ons grondwetlike reg dat die munisipaliteit met georganiseerde gemeenskapPE moet konsulteer oor sake wat hul direk raak !! Art 152 van ons land se grondwet. Dag 2. Geen reaksie van die munisipaliteit en ek rapporteer dit aan my straatsegsman/vrou, wat namens 10 huise van die straat praat, wat weer die munisipale kantoor bel. Dag 3. Nog geen reaksie, en my straat se segsman/vrou lig ons woonbuurt voorsitter in, wat namens ‘n 100 huise praat,. Hy bel weer die munisipale kantoor en eis diens lewering. Kan ‘n belasting betalervereniging of selfs ‘n inwonersvereniging al hierdie woonbuurt probleme van swak dienslewering oplos ? Die 15 straatkomitees se straatsegsmanne / vroue kan ‘n woonbuurtraad vorm met ‘n verkose voorsitter. Indien swak dienslewering een straat in ‘n woonbuurt raak, dan raak dit almal in die woonbuurt. ‘n Woonbuurtraad kan die eie belang van die woonbuurt bestuur in samewerking met die munisipaliteit. Bv. Woonbuurtontwikkeling. Dag 4. Steeds geen reaksie. Ons woonbuurt-raad se voorsitter lig een van ons dorpsraad se voorsitters in, wat namens ‘n 1000 huise praat. ‘n Klagtespoor is gevestig. Elke georganiseerde straat of buurmansgroep kan hul eie veiligheidsplan uitwerk, en daardeur ons woonbuurt, dorp en streek misdaadvry maak. As een woonbuurt georganiseerd raak, dan kan ander strate, woonbuurte en dorpe by hul betrokke raak op sekere voorwaardes van samewerking. Indien swak dienslewering een woonbuurt in ‘n dorp raak, dan raak dit almal in die dorp. ‘n Dorpsraad kan die eie belang van die dorp bestuur in samewerking met die munisipaliteit. Bv. Dorpsontwikkeling. Dag 4. Die dorpsraad se voorsitter bel die munisipale bestuurder en eis dat die lui onbevoegde amptenare dissiplinêr aangekla word, met die bewys van die klagtespoor. Die 8 woonbuurte in ons dorp se voorsitters kan ‘n dorpsraad vorm met verkose voorsitters. Dag 5.As die munisipale bestuurder weier om die amptenare aan te kla, dan bel die dorpsraad se voorsitter een van die streeksraad se voorsitters, wat namens 10 000 huise van die 5 dorpe in ons streek praat. Indien swak dienslewering een huishouding in ‘n straat raak, dan raak dit almal in die straat. Met ‘n straatkomitee kan elke straat dus hul eie belang bestuur. As ons woonbuurt georganiseerd raak in ons 15 strate, met straatkomitees, dan kan en mag ons, ons grondwetlike regte van ‘n skoon en veilige omgewing opeis. Dag 5.Die streeksraad se voorsitter bel die munisipale bestuurder, burgemeester en opposisie politieke partye se raadslede en herhaal die eis vir goeie diens leweringmet die klagtespoor as bewys. Steeds geen reaksie ! 2014 se verkiesing is voor waar 10 000 huise se kiesers reg stem met hul stemreg om lui onbevoegde raadslede en amptenare wegjaag deur die meerderheid op die raad te wees.

  3. Wat is die verskil tussen belasting betalersverenigings, en ‘n woonbuurtraad wat in strate ge-organiseerd is ? Belasting Betalersverenigings (BBV) Woonbuurtraad (WR) 1. Die voorsitter doen alles vir en namens belasting betalers. 1. Die voorsitter tree in wanneer daar reeds ‘n klagtespoor gelê is, wat die werklas versprei. 2. ‘n BBV verteenwoordig belasting betalers. 2. ‘n WR verteenwoordig georganiseerde inwoners van strate in ‘n woonbuurt. 3. As ‘n straat nie georganiseerd en betrokke is, en bly, by hul eie belang nie, staan hulle alleen teen lui onbevoegde amptenare en stel hul eie veiligheid op die spel. 3. Belasting betalers is net betrokke as daar ‘n krisis in ‘n woonbuurt is.

  4. Wat is die verskil tussen ‘n inwonersvereniging, en dorp- en streeksrade? Inwonersvereniging (IV) Dorp- en streeksrade (DSR) 1. Die meerderheid kies ‘n voorsitter. M.a.w. getalle is oorheersend. 1. Daar is ‘n samewerking ooreenkoms tussen strate, woonbuurte, dorpe in ‘n streek sodat getalle geensins ‘n rol speel nie. 2. Kan in 2014 onafhanglike kandidate teen politieke partye stel, wat reeds bewys het dat hulle gemeenskappe wil dien. 2. Kies leiers sonder enige bewys van diensbaarheid.

  5. Wat is die verskil tussen politieke partye, en straatkomitees, woonbuurt-, dorp- en streeksrade? Politieke Partye (PP) Straat, Woonbuurt, Dorp- en Streeksrade (SWDSR) 1. Die afgelope 18 jaar het politieke partye ons land die afgrond in bestuur. 1. Teenoor die verval het sekere dorpe se inwoners deur BETROKKENDHEID die verval gestuit en omgedraai. 2. Volgens wet mag GEEN politieke party se raadslid inmeng of opdragte aan enige amptenaar gee nie. 2. ‘n SWDSR draai die skroewe vas deur grondwetlike regte van ‘n skoon- en veilige omgewing op te eis deur BINNE sowel as BUITE die stelsel te wees. 3. Geen PP of leier kan ontwikkeling aan ‘n persoon of gemeenskap gee nie. In ons dorpe is daar reeds talle voorbeelde van wit olifante wat nie werk nie. 3. Ontwikkeling vind slegs plaas by aanvaarding van verantwoordelikheid soos die Britse regering nou in die wêreld die leiding neem om mag aan die mense te gee om self besluite te neem wat hul woonbuurte DIREK raak. (Google : Direct Democracy Neighborhoods)

  6. Ons toekoms is in ons eie hande wanneer ons in ons eie strate in ons eie woonbuurte georganiseerd raak. Met 5 dorpe in ons streek. (Dorps- en Streeksrade) Daar is 15 strate in ons woonbuurt. (Straatkomitees) Met 8 woonbuurte in ons dorp. (Woonbuurtrade) Met 4 landbou-gebiede in ons distrik. (Landbou-verenigings) Vestig jul eie gemeenskapslewe !

  7. Deur betrokkendheid by ons EIE belang kan die maer spaarvark (hoë belastings en swak dienslewering) weer vet gevoer word met ‘n oop en deursigtige administrasie, wat alle korrupsie en wanadministrasie uit die stelsel haal. Wat beteken betrokkendheid ? Jou naam op papier is goud werd, sodat gemeenskapleiers vir en namens jou praat as jy ‘n probleem het. Deur die werklas te verdeel tussen gemeenskapsleiers word niemand oorlaai met gemeenskapswerk nie. Waar begin ons ? Ons begin praat met ons vriende en bure tot ons almal weet wat ons wil hê, daarna sal alles vanself in plek kom. Die Probleem Rev. Chikane het op die 10 Mei 2012 in die Sowetan gesê dat Suid Afrika ‘n rowers paradys geword het, omdat sommige mense in magposisies hul skuldig maak om met georganiseerde misdaad saam te werk. http://www.sowetanlive.co.za/news/2012/05/10/crime-syndictes-taking-over-south-africa

More Related