1 / 33

Wat ek van my moeder leer

Wat ek van my moeder leer. …oor my God en Sy wese…. Agtergrond. ‘n Geslag wat gevorm word om die drie-enige God se gesin te wees

iolani
Download Presentation

Wat ek van my moeder leer

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Wat ek van my moeder leer …oor my God en Sy wese….

  2. Agtergrond • ‘n Geslag wat gevorm word om die drie-enige God se gesin te wees • Die werking en teenwerking van die fisiese en geestelike fasette van die mens vorm die produk wat ons die siel van ‘n mens noem – dit wat oorgaan in die ewigheid in en moet “inpas” in die wêreld waar die ons by die Vader, Seun en Heilige Gees woonagtig sal wees • ‘n Mens bestaan as fisiese wese op aarde, word as geestelike wese gebore en groei dan na gelang van die dominante vormingswerk gedoen word deur die fisiese of geestelike • Alle mense begin hierdie proses as babas in die vlees en gaan deur stadiums van fisiese ontwikkeling totdat fisiese volwassenheid bereik word. • Later wanneer geestelike wedergeboorte plaasvind begin ‘n soortgelyke proses van stadiums, maar in geestelike hoedanigheid. • Die ooreenkoms tussen die fisiese en geestelike stadiums is so ooreenstemmend dat die fisiese ontwikkeling selfs in die Woord as metafoor gebruik word van die geestelike proses in die mens • Hierdie fisiese afskynsel wat in werklikheid ‘n geestelike realiteit mimiek, sien ons orals in die Woord ook mbt die tempel, Jerusalem, die Koninkryk en ook die gesinstruktuur. • Dit wat ‘n kind tydens fisiese groei stadia van binne die gesin leer mbt ouers en broers / susters, is direkte voorskouings en vroeë inprenting van die geestelike werklikheid wat spoedig sy lewe sal betree soos hy fisies volwasse begin word, en geestelik van nuuts af weer begin ontwikkel.

  3. Die Vader, die Seun en die Gees is nie soos ons ouers en broers nie – Die drie-eenheid is hemels, en ons is op die aarde.Ooreenkomste in rolle is onderwysend van aard ter wille van die geslag wat hul Skepper moet ontmoet – dit is waar die nut hiervan begin en eindig.Maar die waarde van die onderwysing hierin aan die kinders van JHWH is so hoog dat die maksimum straf by minagting van dit, selfs die hel se vuur kan insluit.

  4. Leer jou kinders uit wat te sien is Deu 4:9 Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak: Deu 4:10 die dag dat jy voor die aangesig van die HERE jou God by Horeb gestaan het, toe die HERE aan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.

  5. As jy uit ‘n “normale” gesin kom is jy: • Deel van ‘n uitgesoekte groep wat minder as 50% van die Westerse samelewing insluit • Het jy beide jou ouers in die huis gehad tydens jou vormingsjare • Het nie een van jou ouers jou as kind mishandel en misbruik nie

  6. As jou ouers dan nog die “tradisionele” ouerrolle vervul het, is jy: • Een van ‘n veel kleiner groepie mense binne die Westerse wêreld (minder as 40%) • Kan jy jou self uiters bevoorreg ag, want…… Jy het die bloudruk van opvoeding geniet soos deur JHWH bepaal vir Sy kinders

  7. CaseyFoundation,2009 1 uit 3 kinders in enkelouer huis By 2 uit 5 kinders wat in dubbelouer huise is, is die ouers nie getroud nie Dus net 39% van alle kinders, is in dubbel-ouer huise, waar pa en ma met mekaar getroud is (minder as 2 uit 5)

  8. Baie studies beskikbaar oor die nadele hiervan vir kinders, maar nie een spreek die enkel grootste gevolg van gemuteerde gesinne aan nie…..

  9. Kinders onvoorbereid op die belangrikste ontmoeting in hul hele lewe! Ontmoet jou Skepper en jou God – die Vader, die Gees, die Seun

  10. Minder as 2 uit 5 kinders word in hul vormingsjare volgens voorskrif voorberei vir hul eerste ontmoeting met die Drie-enige God, deur ‘n korrekte voorbeeld van die Bybelse orde binne die gesin Die ander 3 uit 5 kinders se begrip en beeld van hul Skepper word van vroeg af misvorm sodat hul die hoogste kans sal hê om Hom nooit te aanvaar en te ken vir wie Hy is nie. ‘n Eerste ontmoeting vol struikelblokke gelê. 60% van JHWH se geslag is reeds opgesteek om Hom te haat voor hul Hom ontmoet het

  11. Die struikelblokke gelê deur niemand anders as hul eie ouers – bedink die risiko vir ouers Mat 18:4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. Mat 18:5 En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; Mat 18:6 maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Mat 18:7 Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.

  12. Ons het reeds gepraat oor die rol van die pappa (Abba) - Oorsig -

  13. - Vêr –Wie is dit?”Nie geweet so iets bestaan nie…”

  14. Exo 3:13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? --wat moet ek hulle antwoord? Exo 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Exo 3:15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: JAHWEH, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.

  15. - Nader –Ontmoet die Koning!”Wees gegroet U hoogheid…..”

  16. Exo 19:10 Verder het JAHWEH aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was Exo 19:11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal JAHWEH voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal. Exo 19:12 Ook moet jy vir die volk 'n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word. Exo 19:13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met 'n pyl geskiet word; of dit 'n dier of 'n mens is--hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim. Exo 19:14 Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas. Exo 19:15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie. Exo 19:16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. Exo 19:17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. Exo 19:18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat JAHWEH in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Exo 19:19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord. Exo 19:20 Terwyl JAHWEH op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het JAHWEH Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim. Exo 19:21 En JAHWEH het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na JAHWEH toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie. Exo 19:22 En ook die priesters wat naby JAHWEH kom, moet hulleself heilig, sodat JAHWEH nie teen hulle losbreek nie. Exo 19:23 Toe het Moses JAHWEH geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit. Exo 19:24 Daarop sê JAHWEH vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na JAHWEH toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie. Exo 19:25 En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.

  17. Exo 33:1 Verder het JAHWEH met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Exo 33:2 en Ek sal 'n engel voor jou uit stuur--en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe-- Exo 33:3 na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word. Exo 33:4 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie. Exo 33:5 JAHWEH het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen. Exo 33:6 Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af. Exo 33:7 En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat JAHWEH wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. Exo 33:8 En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het. Exo 33:9 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses. Exo 33:10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.

  18. Exo 33:11Dan spreek JAHWEH met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie. Exo 33:12 Toe het Moses met JAHWEH gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind. Exo 33:13 As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. Exo 33:14 En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Exo 33:15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. Exo 33:16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is. Exo 33:17 Toe sê JAHWEH aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam. Exo 33:18 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien. Exo 33:19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van JAHWEH uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Exo 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Exo 33:21 Ook het JAHWEH gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. Exo 33:22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. Exo 33:23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

  19. - Naaste –Hy is jou pa.“Ek groet U my Vader…. Koning.”

  20. Jer 3:17 In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van JAHWEH; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van JAHWEH in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie. Jer 3:18 In dié dae sal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het. Jer 3:19Ék het wel gedink: oHoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee 'n kosbare land, 'n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie. Jer 3:20 Maar soos 'n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek JAHWEH. Jer 3:21 'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, JAHWEH hulle God vergeet het. Jer 3:22 Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is JAHWEH onse God.

  21. Jes 63:14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van JAHWEH hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak. Jes 63:15 Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou. Jes 63:16Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam. Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel! Jes 63:18 U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap. Jes 63:19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

  22. - Intiem –Laat almal uitgaan, sluit die deure, ek wil met jou praat!“Pappa?”

  23. Mar 14:35 En toe Hy 'n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. Mar 14:36 En Hy sê: Abba,(Vader), alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. Mar 14:37 En Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus: Simon, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie? Mar 14:38 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. Mar 14:39 Hy gaan toe weer weg en bid dieselfde woorde.

  24. Hoe is die kind voorberei om hierdie Pappa te ontmoet deur sy eerste blootstelling aan ‘n pappa figuur?

  25. As my pappa: • Altyd leiding gegee het aan mamma en ons • My beskerm het as ek bang was • Elke dag voorsien het vir my behoeftes, sodat mamma kos kon voorberei vir ons, daar ‘n warm huis was in die winter, ‘n plekkie waar ons saam kon lewe • Vir my die grense (gebooie) gestel het waarbinne ek veilig kon lewe • My mamma altyd met liefde hanteer het • Se nee, en ja, betroubaar was • Sterk was, maar my steeds saggies teen hom kon vasdruk as ek gehuil het • Die bron van my sin vir geregtigheid was, maar nooit liefdeloos in die toepassing van tug opgetree het nie – die tug nie weerhou het nie. • My held waarmee ek gespog het, my banier teenoor vriend en vyand was Dan het my pappa na die vlees my goed voorberei om my Abba te ontmoet en lief te hê vandag.

  26. Ek leer van pappa 1/3 de van wat my God is. Ek leer die 2de 1/3 van my mamma, wanneer sy my: • Pappa respekteer en my herinner aan sy opdragte • Begeertes aan pappa “bewoord” sodat Hy my behoeftes verstaan • Troos as ek seerkry • Bemoedig as ek moedeloos raak • Altyd ‘n eerlike opinie gee • Die huis opruim sodat dit ordelik is – soos my pa daarvan hou • Kos wat met my pa se harde werk gekoop word, voorberei en voorsit sodat ons honger magies dit kan inneem • Altyd vir almal vertel dat ek my pa se seun is, want ek is net soos hy. • Somtyds dinge deel met my wat sy en pappa bespreek sodat ek hom en sy optrede beter kan verstaan en begryp • My leer hoe om te praat – moedertaal • Meer geduld as pappa het • Sag soos ‘n duif deur die huis stap • Salfies op my seerplek sit sodat die pyn weggaan • Altyd daar is as ons haar nodig het – selfs wanneer pappa vêr weg is • Nooit voor ons sleg praat van pappa nie • Sy ons leer volgens die weg wat pappa vir die gesin begeer.

  27. Almal eienskappe van die Heilige Gees Joh 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Joh 3:4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Joh 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Joh 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

  28. Mat 12:18 Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ‘n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig. Mat 12:19 Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. Mat 12:20 ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. Luk 2:40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom. Luk 3:22 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae. Mat 10:19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; Mat 10:20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

  29. Mat 4:1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. Mat 4:2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. Mat 4:3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. 1Ko 2:10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 1Ko 2:11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 1Ko 2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 1Ko 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 1Ko 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. • Luk 2:26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

  30. As die gesinseenheid sou opbreek 1. Half of all American children will witness the breakup of a parent’s marriage. Of these, close to half will also see the breakup of a parent’s second marriage.” (Furstenberg, Peterson, Nord, and Zill, “Life Course”) 2. Among the millions of children who have seen their parents divorce, one of every 10 will also live through three or more parental marriage breakups. (The Abolition of Marriage, Gallagher) 3. Forty percent of children growing up in America today are being raised without their fathers. (Wade, Horn and Busy, “Fathers, Marriage and Welfare Reform” Hudson Institute Executive Briefing, 1997) Sou die Drie-eenheid ooit weer dieselfde wees vir die kind?

  31. The DEATH of a parent is LESS devastating to a child than a DIVORCE.(Robert E. Emery, Marriage, Divorce and Children’s Adjustment” Sage Publications, 1988)

  32. Ou Skrifte, nuut verstaan Gén 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. Gén 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. Mar 10:2 Toe kom die Fariseërs na Hom; en, om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit ‘n man geoorloof is om van sy vrou te skei? Mar 10:3 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel? Mar 10:4 En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei. Mar 10:5 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe, Mar 10:6 maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak. Mar 10:7Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, Mar 10:8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Mar 10:9 Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Om watter rede? Omdat dit die “volledige” en tasbare beeld van God is op aarde aan Sy opkomende geslag.

  33. Amen

More Related