1 / 18

Inleiding tot proteïensintese

Inleiding tot proteïensintese. Sommige sleutel aspekte om te leer en te begryp ‘n Proteïen is ‘n polimeer wat bestaan uit monomere ( herhalende boustene ), aminosure genoem . ‘ n Proteïen bestaan uit 50 of meer aminosure . Elke proteïen word gesintetiseer na aanleiding van

lynna
Download Presentation

Inleiding tot proteïensintese

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Inleiding tot proteïensintese Sommigesleutelaspekteomte leer en tebegryp ‘n Proteïen is ‘n polimeerwatbestaanuitmonomere (herhalendeboustene), aminosuregenoem. ‘n Proteïenbestaanuit50 of meeraminosure. Elkeproteïen word gesintetiseernaaanleiding van die instruksieswat in DNA voorkom. Die nuweproteïenesalstrukturele en funksionelefunksies in sellehê. Ander verbindingswatookproteïene is, is onderandere ensieme en hormone. Lewekanniebestaansonderproteïene, ensieme, hormone en anderproteïenenie.

  2. Inleiding tot proteïensintese (vervolg) Elkesel se DNSkanbeskryf word as ‘n boekvan instruksiesvirproteïen-vervaardiging. Die alfabet gebruikin hierdieboek is eenvoudigA, T, G en C. Die DNS-molekulesvirproteienvormingkom in gene op chromosome voor. Memoriseeerdie paring van hierdiebasisseasook die by RNS (tussen A en U en G en C). Ditneem twee stappe, transkripsie en translasie, om die instruksies van ‘n geen in die proteïenvervaardig- ingsprosesuittevoer.

  3. Oorsig van proteïensintese Transkripsie (vind plaas in nukleus) DNS dien as templaat om ‘n enkelstring van bRNS uit die poel van vrye nukleotiedes uit die sel op te bou. Agterna, beweeg bRNS na die sitoplasma van die sel. Translasie (sitoplasma en ribosome) bRNS & oRNS beheer die opbou van aminosure na proteïene. Opsomming: DNS RNS Proteïen transkripsie translasie

  4. Proses van transkripsie Dieensiempolimerasebeheer die proses. Die DNS draai los en die twee stringeskeideur- dat die waterstofbindingstussendie komplementêrebasissebreek. Een van die stringe van die losgedraaide DNS dien as ‘n templaatvir die vorming van die komplementêre string van bRNAdeur die gebruik van vryenukleotiedes in die sitoplasma. ‘n Nukleotiede met basis C op die DNS templaat sal die nukleotiede met G koppelop die bRNA string. Adenien op DNS templaatkoppel ‘n nukleotiede met Urasiel in bRNA string.

  5. Diagram omtranskripsietevertoon RNA polimerase DNS draai los en skei. Komplementêre bRNA string (Blou string) vorm.

  6. Geen 1 Geen 2 DNA-molekuul illustreer twee gene (elkeen van hulle met hul eie kodons op twee verskillende bRNSs.)

  7. Transkripsie (Vervolg.) Indien die DNS basistriplet (3 basisse) se volgordeGGT is, sal die bRNSkodon (volgorde van driebasisse) CCA wees. Die suiker-fosfaatbindingskoppel die bRNA se nukleotiedesaanmekaar. Ditvorm ‘n enkele string met die nukleotiedes in die korrektevolgorde. Sodra die bRNSgevorm het,beweegditweg van die DNS templaatenverlaat die nukleus via die nukleus- membraanporie. Die bRNSvervoer die ‘boodskap’ /kodonsna die ribosome.

  8. bRNS heg aan ‘n ribosoom Ribosoom deursneë = 10 nm Groot sub-eenheid bRNA Klein sub-eenheid

  9. Vorming en beweging van bRNS Van die DNS- templaat ‘n bRNA word gevorm in die nukleus Enkelstring bRNS beweeg deur die porieë in die nukleusmembraan na die sitoplasma van ‘n sel

  10. Proses van translasie Translasiebetekenomietsteveranderna ‘n andervorm. Die kode word verander (‘ge- transleer’) in ‘n proteïen. Die bRNS string hegaan ‘nribosoommet die kodonsontbloot. Aan die eenent van elkeoRNS-molekule word ‘n spesifiekeaminosuurvan die poelvrye aminosurevanuit die sitoplasmageheg en na die ribosoomvervoer.

  11. Proses van translasie (vervolg) Aan die ander entvan die oRNS kom ‘n antikodon wat paar met die komplementêre kodon op die bRNS (geheg aan ribosoom). So word die aminosure in die korrekte volgorde volgens die bRNS-kodons geplaas. Die aminosure word so tot die groeiende ketting van aminosure geheg. Peptiedbindingsword gevorm tussen die aangrensende aminosure.

  12. Proses van translasie (vervolg) • Proteïene bestaan uit meer as 50 aminosure. • Nadat ‘n oRNS sy aminosuur in die korrekte volgorde geplaas het, word die oRNS-molekuul vrygestel van die ribosoom. • Die oRNS-molekuul sal dan die volgendeaminosuur van dieselfde tipe vervoer na die ribosoomtotdatdie proses van proteïenvorming voltooi is. • Die ketting van aminosure verleng met een aminosuur per keer tot die slegs laaste spesifieke kodon, die ‘stop’-kodon aandui dat die ketting van aminosure is voltooi. Die proteïen word dan vrygestel van die ribosoom.

  13. Aminosuur Groeiende deel van proteïen Peptied-binding oRNS met ‘n spesifieke aminosuur geheg bind met korrekte kodon oRNS sonder ‘n aminosuur word vrygestel Antikodon oRNA 4 kodons Ribosoom Diagram vertoon die translasieproses

  14. Diagram om transkripsie en translasie te vertoon

  15. Diagrammeom die volledigeproteïensintese proses tevertoon Skryf die antikodons vir die vier kodons op die oRNS neer. Translasie (3 & 4) Transkripsie (1 & 2) Gebruikhierdiediagrammeom die volledige proses tebeskryf.Onderstreep die sleutelwoorde in jouvierparagrawe. Memoriseer die sleutelwoorde.

  16. Die kombinasies van triplets moet nie gememoriseer word nie. Dit word uitgewerk deur paringsbasisse te gebruik. Voltooi die tabel hieronder om die 3 basisse in elke geval te vertoon. TGC UGC AUA ATA GCA GCA TGT UGU Memoriseer die: Paringsmaats van basisse van DNA: T met A of A met T; G met C of C met G. Paringsmaats van basisse van RNA: A met U of U met A; C met G of G met C

  17. Kodons vir enkele aminosure

  18. ‘Stop’-kodons (Interessante inligting) Kodons UAA, UAG en UGA is ‘stop’- kodons. Hierdie kodons het nie oRNS-molekules nie. Hulle beëindig die spesifieke proteienvorming en die proteien word vrygestel vanaf die ribosoom.

More Related