1 / 80

Sondag 22 Januarie 2006

JUDAH MINISTRIES. Sondag 22 Januarie 2006. Motivering. SPREKER: Pierre Toerien. Rom 2:17-29. 17 Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,. 18 en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,.

stevie
Download Presentation

Sondag 22 Januarie 2006

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. JUDAH MINISTRIES Sondag22 Januarie 2006 Motivering SPREKER: Pierre Toerien

  2. Rom 2:17-29 • 17 Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,

  3. 18 en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,

  4. 19 en jy is oortuig dat jy 'n leidsman is van blindes, 'n lig vir die wat in duisternis is,

  5. 20 'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het

  6. 21 jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?

  7. 22 Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?

  8. 23 Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

  9. 24 Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.

  10. 25 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.

  11. 26 As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?

  12. 27 En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis 'n oortreder van die wet is nie?

  13. 28 Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;

  14. 29 maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

  15. Inleiding: • i)Wederkomsverwagting: “It will be worth it all”. • ii)Vandag baie gepraat oor motivering

  16. Motivering poog om die vraag te beantwoord: Wat gaan help om sukses te behaal? Wat kan ek aanwend om te verseker dat dit wat ten doel gestel doel, wel bereik word.

  17. In die koninkryk vra ons die vraag: Hoe gaan ons by die doel, nl God se voornemens, uitkom, of: hoe gaan ons by die finish uitkom? Hoe gaan ons die werk klaarmaak?

  18. In die natuurlike wêreld is motivering ‘n baie groot uitwendige aansporing. Ons praat van “incentives” ens; alles bedoel om beter prestasie uit te lok.

  19. Ons sien dit ook so dikwels in die manier hoe mense met kinders werk. Vir die kind word gesê: “as jy soet is, sal ma vir jou lekkergoed koop.”

  20. Dis alles goed en wel op die vlak van die kind, maar as sy “soetgeid” bloot is met die doel om iets te kry, beteken dit dis ‘n poging van sy kant af sonder enige innerlike waarde.

  21. Wanneer ons groot word in die Here, verwag die Here dat ons motivering iets innerliks sal wees en nie net gekoppel aan ‘n beloning nie; maw dit moet spruit uit innerlike waardes en nie uit uiterlike pryse nie, want as dit gekoppel is aan uiterlike pryse, kan die prys verander word om die lojaliteit en die performance te vernader.

  22. Dis waar die profeet Habakuk se woorde so mooi inkom:

  23. Hab 3:17-18 • 17 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees,

  24. 18 nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. • 19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

  25. Baie christene se liefde vir die Here hou net solank as wat die Here hulle seën en die christenskap vir hulle meer voordeel inhou as wat hulle in die wêreld sou gehad het. • Dis soos ‘n vis aan ‘n hoek. Jy’s altyd in reaksie op die pluk van die visserman.

  26. Uitwendige motivering maak jou ‘n slaaf van mense en dis ‘n wrede situasie want mense kan baie wreed en ongevoelig wees.

  27. Dis soos die “celebrities” – hulle gawildheid kom van mense af en as hulle nie meer goed genoeg is nie, kan hulle net so op die ashoop gegooi word en verruil word vir die volgende een.

  28. Maw hulle posisie is in die hande van hulle fans – as hulle geen meer fans sou gehad het nie, is hulle nut en gewildheid op ‘n einde.

  29. Jesus was nooit deur die bepaling van die mense beweeg nie, maar alleen deur die goedkeuring van die Vader:

  30. Joh 2:23-25 • 23 En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.

  31. 24 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het • 25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.

  32. Die voorbeeld van Jesus: • Kom ons kyk wat kan ons oor motivering leer vanuit die voorbeeld van Jesus.

  33. i)Hy het die Vader liefgehad • Jesus was geborge in die liefde van sy Vader.

  34. Joh 17:22-24 • 22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

  35. 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

  36. 24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

  37. Een van ons grootste probleme vandag is gebrek aan liefde vir die Here, omdat ons glo liefde is ‘n gevoel en ‘n emosie.

  38. Joh 3:35 • Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.

  39. Joh 5:20 • Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.

  40. Joh 10:17 • Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.

  41. Joh 16:27 • want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.

  42. Jesus sê in ‘n baie hartseer ding waar hy praat oor die verloop van die einde van tyd:

  43. Matt 24:12 • En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

  44. ii)Hy het Homself commit om die Vader se wil te doen

  45. Mark 14:35-36 • 35 En toe Hy 'n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan.

  46. 36 En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.

  47. Heb 10:7-9 • 7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom--in die boekrol is dit van My geskrywe--om u wil te doen, o God.

  48. 8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie--wat volgens die wet geoffer word--

  49. 9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.

  50. iii)Hy het uitgesien na die beloning

More Related